'n Wysigingswetsontwerp wat ten doel het om chaotiese koalisies op plaaslike regeringsvlak te verhoed, dien tans voor die parlement. Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal koalisie-ooreenkomste wetlik bindend wees. Die wetsontwerp stel ook 'n 1%-drempel voor, waar partye wat minder as 1% steun in plaaslike verkiesings kry, nie kwalifiseer vir verteenwoordiging in die bepaalde stads- of dorpsraad nie. Business Day berig die DA-burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Cilliers Brink, en die party se burgemeesterskandidaat vir Ekhuruleni, Khathutshelo Rasilingwane, is ten gunste van hierdie wetsontwerp. Ons praat hieroor met die VF Plus se burgemeesterkandidaat vir Tshwane, Willie Spies.