As die arbeidsmark in elk geval verander, is dit nog die moeite werd om ’n universiteitsgraad te kry? Dis die vraag waarmee baie jonges en hulle ouers vandag worstel te midde van hoë werkloosheidsvlakke, tegnologiese veranderings en finansiële druk. Kenners meen hoewel ’n werk nie altyd gewaarborg is nie, bly ’n graad dalk steeds die beste manier om jou toekoms oop te sluit. Ons praat hieroor met prof. Linda du Plessis, senioradjunk-visekansellier by die Noordwes-Universiteit.