Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.
6,777 clip(s)
Loading playlist
Pres. Donald Trump het die naweek weer opslae gemaak toe hy tydens ’n radio-inbelprogram gesê het dat immigrante kwansuis slegte genetika het. Volgens hom is daar iets fout met sekere immigrante se genetiese samestelling. Kritici waarsku dat sulke taal herinner aan Duitse rasseverbeteringsleer, wat wetenskaplik as eugenetiek bekend staan. Ons praat met Roland Henwood, ’n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria.