Vir meer as 50 jaar was Hennie Maas 'n gereelde kuiergas in duisende huishoudings op die radiogolwe van RSG en die stasie se voorgangers. Vir meer as twee dekades het hy Sterre en Planete aangebied. Om hulde aan Hennie te bring, gesels ons met Magdaleen Kruger, wat self 32 jaar by die SAUK gewerk het en die vorige stasiebestuurder van RSG is.