Daar was die BELA-wette, die Wet op Onteiening Sonder Vergoeding, die begroting, die Nasionale Gesondheidsversekering, en nou buitelandse beleid. Die ideologiese verskille tussen die twee grootste partye in die Regering van Nasionale Eenheid lyk of dit tot kookpunt wil-wil kom. Die DA meen die ANC regeer asof hy steeds 'n volstrekte meerderheid het, en die ANC meen die DA wil hom gyselaar hou. Ons praat hieroor met Rapport se senior politieke joernalis, Dawie Boonzaaier.