Groot rolspelers in georganiseerde landbou, soos AgriSA en die landbousakekamer, Agbiz, behoort nie die regering te paai oor die omstrede onteieningswet wat vroeër deur president Cyril Ramaphosa onderteken is nie. Dis die mening van die Instituut vir Rasseverhoudinge se Hermann Pretorius, ná 'n onlangse paneelbespreking oor die onteieningswet by Nampo.