Op en WakkerOp en Wakker

Frikkie Wallis sterf: ’n Stem wat Afrikaanse radio help vorm het

View descriptionShare
 
Die Afrikaanse uitsaaiwêreld het ’n groot stem verloor met die afsterwe van Frikkie Wallis. Hy is in ’n hospitaal in die Kaap oorlede ná ’n ernstige hartaanval. Wallis, wat sy loopbaan reeds in 1972 begin het, was oor dekades heen bekend as nuusman, aktualiteitsaanbieder en een van die invloedrykste vervaardigers van hoorbeelde in Afrikaanse radio. Hy was onder meer die regisseur van Max du Preez se baanbrekersprogram, Klip in die bos op Afrikaans Stereo in die vroeë 1990’s. Frikkie het oor jare heen ook ’n belangrike rol gespeel in die verfyning van hoe luisteraars radio beleef en hoor.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 7,253 clip(s)