Die hersiening van die witskrif oor plaaslike regering kom op ’n tyd waar gemeenskappe gefrustreerd is met munisipaliteite wat sukkel om basiese dienste te lewer. Kenners glo daar is nie net ’n beleid- of stelselprobleem nie, maar ook ’n diep mensprobleem in munisipaliteite. Daar is veral kommer oor hoe bestuurders aangestel, ondersteun en verantwoordbaar gehou word. Ons praat met dr. Harlan Cloete, ’n kenner van plaaslike regeerkunde en navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat.