Terwyl die Wes-Kaap asem ophou vir nóg storms, tel die mense van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap steeds die stukke op ná die vloede wat hulle in Mei getref het. In sitrusboorde rondom Patensie, Hankey en Loerie is die tekens van die skade nog oral sigbaar. Die landbougemeenskap staan voor reuseverliese, met skade wat tot R1,5 miljard kan beloop wanneer oesverliese en infrastruktuur saamgetel word. Ons praat met SG Ferreira, voorsitter van Agri Gamtoos-landbouvereniging.