Waar kom die braaibroodjie regtig vandaan? Dis nie iets waaroor mense aldag wonder nie, maar die antwoord lê verrassend diep in Suid-Afrika se geskiedenis, tussen ou argiewe, historiese figure en selfs die donker mure van die Kasteel die Goeie Hoop. ’n Soektog van byna drie jaar lank, werp nuwe lig op een van die land se grootste kosraaisels. En die man wat ons alles daarvan kan vertel is Frans de Villiers, wat as die braaibroodjie-historikus bekend staan.