Eldorado Park, suid van Johannesburg, was lank sinoniem met onwettige stortingsterreine waar mense maar gewoond geraak het aan die idee dat dit “nou maar so is”. Maar in die hart van dié werklikheid het iets begin skuif: die eenvoudige besef dat die gemeenskap nie hoef te wag vir die munisipaliteit om dit reg te ruk nie. Dit het tot ’n groeiende beweging gelei met kleurvolle tuine, kunsruimtes en veilige ontmoetingsplekke. Ons praat met Rashid Juma, stigter van die Go Green Go Glean-inisiatief.