Die moontlikhede om geld te maak op sosialemedia is groot, maar die boeliegedrag, taalgebruik en skokkende gedrag is dikwels 'n groot deel van sosialemedia-beïnvloeders of smaakmakers se beeld. Rian van Heerden werk nie net voor die kameras nie, maar is ook ’n televisievervaardiger. Sy dokumentêr, TIEK TOK BOEM! saai op 18 Februarie die eerste keer op Showmax uit.