Met sy hoë sandsteengebergtes en populiere wat tydens die herfs rooi, oranje, geel en bruin verkleur, is Clarens in die Oos-Vrystaat een van Suid-Afrika se skilderagtigste dorpe. Jy kan 24 tot 27 April in jou dagboek aanteken, want dan word daar kunstefees gehou in dié skilderagtige dorpie. Om oor die fees se uitsonderlike program te gesels, sluit Suzaan Pretorius by ons aan.