Om historiese geboue te restoureer nadat 'n brand dit gedeeltelik vernietig het, is geen geringe taak nie. Benewens erfeniswetgewing waaraan voldoen moet word, moet die geskiedenis van die gebou ook in ag geneem word. Anton Roodt is 'n argitek van Bloemfontein wat in onder meer die restourasie van historiese geboue spesialiseer. Hy was verantwoordelik om die imposante Bloemfontein-stadsaal tot sy eertydse glorie te herstel ná 'n brand. Ook die pragtige kerkgebou van die NG Kerk op Burgersdorp in die Oos-Kaap is erg beskading, en Anton was die argitek wat dié restourasieprojek moes lei. Die kerk is verlede maand heropen en weer ingewy.