Private gesondheidsorg in Suid-Afrika raak elke jaar duurder, en al hoe minder mense kan dit bekostig. Dít terwyl die openbare gesondheidstelsel steeds onder druk is en die regering volhou dat nóg ingryping, in die vorm van Nasionale Gesondheidsversekering die oplossing is. Maar wat as die probleem nie te min staatsbeheer is nie, maar juis te veel? Ons praat met Louis Boshoff, ’n veldtogbeampte by AfriForum en die organisasie se woordvoerder oor nasionale gesondheidsversekering.