Vir byna 300 jaar was die ossewa in al sy gedaantes die enkel belangrikste vervoermiddel van mense en goedere in Suid-Afrika. Dit word deur baie beskou as 'n simbool van Afrikaner Nasionalisme, maar die geskiedenis van die ossewa is veel meer as dit. Professor Erik Holm is 'n bekende entomoloog en ekoloog en een die voorste kenner van ossewaens in die land. Hy het 'n monumentale boek oor die ossewa, DIE OSSEWA EN SY SPORE, die lig laat sien.