Die Chinese Nuwejaar word deur meer as 'n miljard mense wêreldwyd gevier, en het ook die grootste binnelandse migrasie in die wêreld tot gevolg, wanneer honderde miljoene mense in China erge verkeer, oorvol treine en busse trotseer om na hulle tuisdorpe en families te reis. Die fees word ook hier in Suid-Afrika gevier. Maar wat beteken die Nuwejaar, en wat is die betekenis van die slang? Ons praat hieroor met Erwin Pon, voorsitter van die Chinese Vereniging in Gauteng.