Groot veranderinge in werksure en ouerskapverlof kan binnekort in Suid-Afrika in werking gestel word. Nomakhosazana Meth, die minister van werkskepping en arbeid, het pas nuwe wetsontwerpe vir openbare insette gepubliseer. Die voorgestelde wysigings poog om werknemers se regte te versterk, en om onvoorspelbare werkure te beperk. Ons praat met die arbeidskenner André Bloem.