Dit was een van die uitdagendste tye in die onlangse geskiedenis van die wêreld én Suid-Afrika. Vandag, vyf jaar gelede, was die eerste dag van die Covid-19-inperking, wat uiteindelik meer as 700 dae geduur het, en eers in Junie 2022 amptelik afgeskaf is. Die impak op individue, besighede en die politiek is steeds vandag met ons. Tien duisende mense is weens die virus dood. Ons praat hieroor met dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep.