Vir 13 weke lank het die oud-LP en leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, ons vermaak en opgevoed met sy reeks praatjies oor die Suid-Afrikaanse parlement, maar ook oor ander parlemente van regoor die wêreld. Die praatjies was so gewild dat daar nou 'n boek uitgegee is. Die boek, PARLEMENT PRAATJIES, het pas verskyn.