BELA: Hoe haalbaar ís verpligte Graad R?

Published Oct 22, 2024, 5:40 AM
Terwyl daar baie aandag op die toelating- en taal-klousules in die BELA-wette is, word daar nie veel oor 'n baie belangrike en ingrypende klousule gepraat nie - verpligte Graad R. Provinsiale departemente van basiese onderwys het onlangs onder skoot gekom oor die beoogde vermindering van onderwysposte, of die afskaling van die skoolvoedingsprogramme, weens reuse begrotingstekorte. Hoe haalbaar ís verpligte Graad R dan? Ons praat hieroor met die bestuurshoof van FEDSAS, dr. Jaco Deacon.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 5,046 clip(s)