Min gebeure sedert die aanloop en totstandkoming van demokrasie het soveel openbare debat onder Suid-Afrikaners meegebring, soos die afgelope besoek van AfriForum en Solidariteit aan Amerika, ná president Donald Trump se uitsprake en uitvoerende bevel teen Suid-Afrika. Aan die een kant is daar mense soos Max du Preez, wat in Vrye Weekblad skryf daar is 'n geveinsde slagofferskap, en Solidariteit en AfriForum het veroorsaak dat Afrikaners, soos in Junie 1976, weer die mees gehate spesie in Suid-Afrika is. Aan die ander kant weer is daar mense wat die organisasies lof toeswaai vir hulle dapper en toekomsgerigte optrede. Ons praat hieroor met die politieke kommentator, wat betrokke was by die skikking in 1994, dr. Theuns Eloff.