Vandag, ’n halfeeu gelede, is die TV-skerms vir die eerste keer om sesuur die aand aangeskakel om ’n nuwe era van stories, nuus en vermaak in te lei. Die man wat kykers heel eerste gesien het, was Heinrich Maritz, wat verlede jaar op 84 afgetree het. Ons gesels met Heinrich oor sy herinneringe van daardie historiese dag, en met Wynand Harmse, wat 31 jaar by die openbare uitsaaier gewerk het, waarvan sewe as bestuurshoof.