Johan van Lill poraat met onderwyskundige en historikus dr. Jurie Joubert oor multigraadonderrig. Dis ’n tema wat dikwels aan die kantlyn van onderwysdebatte staan, maar van kritieke belang is vir skole in kleiner en landelike gemeenskappe. Hulle bespreek waarom multigraadklasse nie bloot as ’n tydelike of goedkoop oplossing beskou moet word nie, maar as ’n volwaardige pedagogiese benadering met unieke leergeleenthede.