Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor die uitdagings en moontlikhede van multigraadonderrig. Jurie, ‘n bekende onderwyskundige en historikus, bring ook vir Aby Ockhuis, hoof en onderwyser van Berghof Primêr bo-op die berg in Porterville, saam. Ockhuis deel sy praktiese ervaring van 32 jaar met multigraadklasse. Wat is die waarde van hierdie skole in afgeleë gemeenskappe, watter bydraes lewer hulle tot leer en gemeenskapsontwikkeling, en hoekom klink multigraad so ingewikkeld?