

Liedjiedorp 3 Januarie 2025
Melodie skryf ‘n brief aan haar ouers waarin sy vertel van haar ontmoeting met Anja, Bas, Wouter, Dimmi, Aria, Harmonie en Zingflits. Sy dink met heimwee terug aan al die gevare wat daar was, en ook aan al die planne wat beraam is met die hulp van die instrument-families. Sy besef dat musiek altyd …

Liedjiedorp 27 Desember 2024
Ons vind uit hoekom Zingflits sekere keuses gemaak het, en ons verstaan uiteindelik wat die kern van die probleem is. Melodie wys dat 'n sagte stem altyd die grimmigheid tem!

Liedjiedorp 20 Desember 2024
Melodie gebruik die krag van musiek, en stel ‘n voorbeeld van hoe om dapper te wees. Luister hoe Harmonie een van die grootste geheime van die musiekwêreld met ons deel. Liedjiedorp word uiteindelik Liedjiedorp!

Liedjiedorp 13 Desember 2024
Aria en Bas word wakker nadat die slaapkruie van Zingflits uitgewerk het, en sien hoe musiek al die mense, instrumente en diere bymekaar bring. Selfs die xilofone word daaraan herinner dat hulle ook melodie kan voortbring!

Liedjiedorp 6 Desember 2024
Anja en Tannie Tuba deel ‘n spesiale oomblik. Die waterspel met die krane word 'n mooi metafoor om ons te leer hoe die koperblaasfamilie ook “water” in hulle pype het, en mooi skoongemaak moet word. Melodie stel vir Koning Mantel, die leeu, aan Anja voor. So ontstaan die wonderlike idee om met ‘n w…

Liedjiedorp 29 November 2024
Luister na alles wat Melodie, Harmonie, Aria wn Zingflits sê, en dan kom die slimste en oudste dier van Liedjiedorp ook nog na vore: `n Olifant met die naam Simfonie. Soveel Variasie kom in hierdie episode. Dit is tyd vir verandering, uiteindelik, ten goede!

Liedjiedorp 22 November 2024
Melodie ontmoet vir Harmonie, die vorige burgemeester van Liedjiedorp. Die kat, Klawertjie, lei vir Melodie uit die grot uit, en skielik gebeur iets baie spesiaal! Wie sluit by hulle aan? Het jy geweet dat jy dikwels aan die begin of aan die einde van 'n komposisie unisoon-klanke hoor? Sodoende wor…

Liedjiedorp 15 November 2024
Anja en Wouter leer ken die wonderlike Tannie Tuba. Wie is die Koperblaas-familie, en hoe sal hulle vir Anja-hulle kan help? Het jy geweet dat `n tuba drie tot selfs vyf ventiele het? Die tregter wys altyd boontoe as jy dit speel. ‘n Sousafoon is `n spesiale bastuba, wat van veselglas gemaak is, so…

Liedjiedorp 8 November 2024
Bas en Aria ontdek die simboliek van die gebruik van sleutels in musiek. Verder ontdek hulle hoe alledaagse sleutels nodig is om planne te maak sodat hulle oplossings kan oopsluit. Zingflits steek ‘n stokkie voor hulle planne, en ons vind uit hoekom hy ʼn nare simbaal geword het! Sal Bas en Aria dal…

Liedjiedorp 1 November 2024
Anja, Melodie en Wouter volg vir Piccolo deur die donker grot, terwyl hulle van Zingflits ontsnap. Hulle gebruik die spesiale refrein en mooi wysie van Piccolo, om die pad deur die tonnel te kry. Hulle word daaraan herinner dat hulle die krag van musiek werklik in hul eie lewe kan toepas. Het jy ge…