LiedjiedorpLiedjiedorp

Liedjiedorp 8 November 2024

View descriptionShare
Bas en Aria ontdek die simboliek van die gebruik van sleutels in musiek. Verder ontdek hulle hoe alledaagse sleutels nodig is om planne te maak sodat hulle oplossings kan oopsluit. Zingflits steek ‘n stokkie voor hulle planne, en ons vind uit hoekom hy ʼn nare simbaal geword het! Sal Bas en Aria dalk hierdie keer vir Zingflits kan stuit? Het jy geweet dat die G- sleutel, ook genoem diskantsleutel, na die noot, G, wys wat op die tweede lyn van die notebalk is? Die bassleutel of F-sleutel wys die noot, F, aan wat op die vierde lyn van die notebalk voorkom. Jy kan al die note uitwerk wat verder volg op hierdie manier. Tel altyd die lyne van onder af boontoe op die notebalk. Daar is ook 'n alt-sleutel vir die altviool en 'n tenoorsleutel vir die tromboon, tjello en fagot. Musieksleutels en simbole is die merke wat vanaf die 13de eeu gebruik word in bladmusiek om toonhoogte, ritme en tempo aan te dui. Gaan lees meer oor lyne, sleutels, note, rustekens, toevallige tekens, tydmaattekens en artikulasietekens op UNISA se webwerf met spesifieke aandag: teorie voorskrifte en musieksilabusse.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Liedjiedorp

'n Gedramatiseerde musiekstorie wat groot en klein se verbeelding sal aangryp met die avonture van B 
Social links
Recent clips
Browse 27 clip(s)