

Leefwêreld van die gestremde: Serebrale gestremdheid
11 Oktober 2026: Serebrale gestremdheid is lewensveranderend. Daar is ‘n platform waar mense wat met serebrale gestremdheid leef, hulle uitdagings met eweknieë kan bespreek. Die 48-jarige Julius van der Wat vertel hoe tegnologie, sy ma, broers en ‘n helper hom help om voltuit metr serebrale gestrem…

Leefwêreld van die gestremde: Paralimpiese swemmer; Downsindroom-maand
4 Oktober 2026: Adri Visser is liggaamlik erg gestremd. Sy vertel van haar prestasies as Paralimpiese swemmer en hoe sy al die uitdagings oorkom het. Sy gee raad wat Suid-Afrika kan doen om jong atlete met gestremdhede beter te kan ondersteun. Oktober is Downsindroom Bewusmakingsmaand. Dis ‘n tyd w…

Leefwêreld van die gestremde: Stryders vir toeganklikheid inspireer ná eie terugslae
27 September 2026: Adri Visser is ‘n ware inspirasie. Sy is liggaamlik erg gestremd, maar leef voluit. Haar lewenslus en houding is prysenswaardig, en sy werk hard om die lewe van ander met gestremdhede te vergemaklik. Nathan Green se middeljare het onomkeerbaar verander ná ‘n hartaanval. Hy is dee…

Leefwêreld van die gestremde: Neurovisie-rehabilitasie; Gids- en dienshonde
20 September 2026: Wat behels neurovisie-rehabilitasie? Wie kan daarby baat vind? Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging doen al vir langer as 70 jaar diens om gidshonde op te lei. Deesdae lei hulle ook dienshonde en ondersteuningshonde op vir mense wat sekere siektes het, en vir kinders met outism…

Leefwêreld van die gestremde: Impak van sigverlies; Doofheid-bewusmakingsmaand
13 September 2026: ‘n Oogkundige vertel van die groot impak wat sigverlies op die mens se algemene funksionering het. September is Doofheid-bewusmakingsmaand.

Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam
6 September 2026: September word gewy aan bewusmaking en interaksie met mense wat leef met gehooruitdagings. Wanda Bam, ’n skrywer en lewensafrigter, vertel van persoonlike trauma, hoe sy dit verwerk het, en deel idees oor geestesgesondheid en selfdissipline.

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar
30 Augustus 2026: Innovation for the Blind vier vanjaar sy 145ste bestaansjaar! Stephne Botha vertel hoe dié organisasie steeds relevant bly. ’n Luisteraar vra: Hoe kan ek seker maak dat ek nie aan die beginstadium van demensie is nie?

Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS
23 Augustus 2026: Ons besoek die leefwêreld van Christelle Taute, wat al vir 29 jaar saamleef met meervoudige sklerose. ‘n Onderwyseres van TransOranje Skool vir Dowes vertel van die eerste skool wat jare gelede in die noorde vir kinders met doofheid begin is.

Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help
16 Augustus 2026: ‘n Ruimtefasiliteit (immersive room) is ‘n waardevolle apparaat om mense met gestremdhede met vakmanvaardighede te help. Het jy geweet kinders van so jonk as 2 jaar oud is al met Alzheimers gediagnoseer? Dis ‘n rare verskysel, maar geestesongesteldhede is ‘n hoogs komplekse toesta…

Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers
9 Augustus 2026: Is daar beperkings op die gebruik van kontaklense? Kan oogoefeninge kinders se sig verbeter? Sy is 16 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer. Sy bly op haar eie, en maak self belangrike besluite. Sy gesels oor uitsluiting en haar daaglikse breinoefeninge. Sy staan net bekend as Ma…