
Land en Sand
Elke week gesels Pieter Steyn land en sand met planmakers, bekendes en berugtes. Dis 'n in-diepte, maar informele gesprek sonder enige heilige koeie of taboes.Social links:

Land en sand: Jack Parow
Ná bykans 20 jaar in die musiekbedryf bly Jack Parow een van die gewildste kunstenaars in Afrikaans, met duisende mense wat die man met die snor en pet se konserte bywoon. Jack Parow is die verhoognaam vir Zander Tyler, wat in die noordelike voorstede van Kaapstad grootgeword het. Hy het land en sa…
54:50
Land en Sand: Koos Malan
Die konstitusionele juris en kommentator, professor Koos Malan, het onlangs konserwatiewes én progressiewes ontsteld gehad met sy mening dat die VF Plus dieselfde pad stap as die destydse Nasionale Party, wat later die Nuwe Nasionale Party geword het. Hy laat kommentators gereeld na hulle penne gry…
1:36:50
Land en Sand: Leon Kluge
Vir Leon Kluge is plante veel meer as net iets wat in ’n tuin groei. Dis sy verf en kwas. Dié wêreldbekende tuinontwerper en sy span ryg jaar ná jaar die toekennings by die Chelsea-blommeskou in Londen in. Leon het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy liefde vir plante, sy ontmoetings met Br…
48:30
Land en sand: Roelf Meyer
Hy was die man wat namens die Nasionale Party-regering met die ANC onderhandel het om uiteindelik 'n demokratiese Suid-Afrika tot stand te bring. Deesdae is Roelf Meyer Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika. Sy politieke memoires het pas op die rakke verskyn. Pieter Steyn het land en sand met Roelf…
1:03:30
Land en Sand: Tobie Cronjé
Hy is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy lewenswerk vereer. Boonop het sy biografie pas verskyn. Hy spot met sy lang, maer lyf en sy lang kakebeen. Tobie Cronjé is volksbesit. Tobie het land en sand met Pieter Steyn in sy huis in Johannesburg gesels oor sy grootw…
1:21:42
Land en sand: Brigadier-generaal Peter Sereko
Van die Grensoorlog in Angola tot vredesoperasies in die Demokratiese Republiek die Kongo. Brigadier-generaal Peter Sereko was langer as 40 jaar 'n soldaat - eers in die Suid-Afrikaanse Weermag, en ná 1994 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy boek, COMMAND: A SOLDIER'S JOURNEY IN THE AFRICA…
1:35:00
Land en Sand: Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo het onlangs haar tweede eredoktorsgraad ontvang van die Noordwes-Universiteit. In 2018 het die Universiteit Stellenbosch ook 'n eredoktorsgraad aan dié Suid-Afrikaanse legende toegeken. Sandra het land en sand met Pieter Steyn gesels oor toekennings, geloof, seiljagvaart, en die li…
45:57
Land en Sand: Anton Goosen (heruitsending)
Hy het vroeër vanjaar sy 80ste verjaardag gevier, en werk al langer as 45 jaar aktief in die Afrikaanse musiekbedryf. Die Liedjieboer, Anton Goosen, dink lank nog nie aan aftree nie, en hou gereeld nog konserte en skryf nuwe liedjies. Anton het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy kleurvolle…
11:54
Land en sand: Pepi van der Merwe
Terwyl ons op Willowmore met RSG en Virseker se Kultuurkaravaan gekuier het, het ons te hore gekom van 'n legende op Willowmore, Pepi van der Merwe. Pieter Steyn het toe land en sand met Pepi gesels oor sy vrees vir slange, die Royal Hotel op die dorp, waar hy die naam Pepi gekry het, en sy dae op …
57:08
Land en sand: Karla Pretorius
Sy is Suid-Afrika se voorste netbalspeler, en is al aangewys as die beste netbalspeler in die wêreld. Karla Pretorius het onlangs haar uittrede aangekondig, kort na afloop van die Statebondspele in Engeland, ná 'n suksesvolle loopbaan van byna twee dekades as Protea-netbalspeler. Sy het land en san…
41:53