Elke jaar span RSG en Winterhoop kragte saam om kwesbare mense te help. Die doel van Winterhoop is om gemeenskappe in nood dwarsoor die land op ‘n verantwoordelike manier te ondersteun tydens die koudste maande van die jaar. Winterhoop samel nie-bederfbare voedsel, warm klere en komberse in by ongeveer 140 versamelpunte deur die land. Van hier word dit in die plaaslike gemeenskappe na die mees weerloses versprei. Eloise Cupido praat hieroor met dr. Marinda van Niekerk, die bestuurshoof van PEN.