



Vol vreugde: Alleenlopers
Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Sommige mense kry energie tussen ander, terwyl ander hulle batterye alleen moet herlaai. Kan iemand wat verkies om alleen te wees, net so gelukkig wees? En wat van mense wat alleen is, maar gl…

UP se erfeniskosprojek
Professor Loretta Feris, vise-ektor van die Universiteit van Pretoria, vertel van ‘n erfeniskosprojek waar Tukkies hande vat met die Afrikaanse Taalraad en die Food Fairies-groep.

Hoe gaan dit met jou kind? 4 September 2026
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n meisie wat erg op haar tande kners in die aand; ‘n babadogtertjie van 4 weke wat erge maagkrampe kry; en ‘n baba van 7 maande wat nog nie babbel nie.

Antoinette sê... 4 September 2026
Antoinette Pienaar praat oor bloeisels.

Wêreld Seksuele Gesondheidsdag
Daar is sekere gesprekke wat ons vermy. Seks en seksuele gesondheid is vir baie mense een daarvan. Seksuele gesondheid gaan oor veel meer as net seks: dit sluit ons liggame, verhoudings, veiligheid, intimiteit, plesier en die reg in om ingeligte keuses oor ons eie liggaam te maak. Op 4 September 20…

Sterskieter: Tracey-Lee Oliver
Tracey-Lee Oliver is iemand met vele talente. Sy is ’n sanger, aktrise, komediant en stemkunstenaar wat al op televisie, die verhoog en in rolprente haar merk gemaak het. Sy is oorspronklik van Grabouw, en het in 2005 Johannesburg toe gekom om haar professionele loopbaan te volg. Sy was onder meer …

Voedselveiligheid: Kruisbesmetting
Een van die grootste voedselveiligheidsgevare in ’n kombuis is iets wat jy nie altyd kan sien nie. Kruisbesmetting gebeur wanneer bakterieë van een oppervlak, kossoort of hand na ’n ander beweeg. Ons praat met Annelien Pienaar, ‘n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, o…

Wat is jou storie? (Deel 1)
Almal het ’n storie wat bestaan uit die mense wat jou gevorm het, die keuses wat jy gemaak het, die dinge wat jy verloor het, en die oomblikke wat jou verander het. Stefanie de Beer is ’n meesterstorieverteller en stigter van SoulStory. SoulStory is ’n manier om met nuwe oë na jou eie lewensverhaal…

Vol vreugde: Geluk en ouderdom
Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Ons hoor dikwels mense sê: “Ag, as ek maar weer jonk kon wees.” Maar is jongmense werklik gelukkiger? Of bring ouderdom dalk iets wat ons nie altyd waardeer nie?

Mustadafin Stigting vier 40 jaar se diens aan gemeenskappe
Die Mustadafin Stigting vier vanjaar vier dekades van diens aan Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Die organisasie het in 1986 ontstaan te midde van politieke onrus en geweld in Crossroads, met ’n fokus op vroue en kinders wat kos, skuiling en ondersteuning nodig gehad het. Vandag is 96% van Mustadafin …