Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor hoe om kinders op die beste manier te help tydens ’n hittegolf; ‘n 14-jarige meisie wat haar stuitjie gebreek het en soms ‘n pynlike abses kry; en ’n gesonde babadogtertjie van elf maande, wat skielik aan't huil gegaan het. Niks wat die ouers gedoen het, het gehelp nie.