Holy Cross Primary in George se skaakspan gaan SA in Türkiye verteenwoordig

 
Ons het vroeër vanjaar met Grant Campbell gepraat oor skaak, en die waarde wat dié sport vir kinders se ontwikkeling inhou. Grant is die hoofskaakafrigter by Holy Cross Primary in George, en sy o/13-span het reeds in Julie 'n vierde plek in Afrika behaal by die African School Team Championship in Stellenbosch. Nou is daar nóg groter nuus - die vyf leerders het pas gekwalifiseer vir die World Schools Team Championship se Grand Final, wat van 25 tot 30 Desember in Istanbul, Türkiye, plaasvind. Slegs vier spanne per kontinent dring deur na dié wêreldfinaal. Boonop vind die FIDE Wêreld Rapid- en Blitzkampioenskappe terselfdertyd daar plaas, met wêreldsterre soos Magnus Carlsen, Gukesh Dommaraju en Hikaru Nakamura wat na verwagting sal deelneem.