'n Swangerskap is in Engeland in die nuus nadat ‘n 59-jarige TV-aanbieder aangekondig het dat haar derde kind op pad is. In die Ooste is daar ander soort swangerskap in die nuus. ‘n Lid van ‘n K-popgroep wat met behulp van KI geskep is, gaan glo die musiekbedryf verlaat om op haar gesondheid te fokus, weens haar "swangerskap".



