



Berede boogskiet
Rudi Riek gesels met Martelize Brink oor berede boogskiet, en die uitdagings van boogskiet terwyl jy perd ry.

In die wêreld van landbou 12 Oktober 2026
In die landbounuus: SA Canegrowers vra die minister van finansies om die suikerbelasting af te skaf; Sampro stel sy jongste marktendensverslag bekend; Zimbabwe se regering sê hy het reeds R8,45 miljard se vergoeding aan wit boere betaal; 54,3% van Namibië se vrugte- en groente-uitvoere is in 2025 n…

Wetenskapwonder: IceCube Neutrino-observatorium
Felix Spies verduidelik vir Martelize Brink die werking van die IceCube Neutrino-observatorium waarvoor Francis Halzen die Nobelprys vir Fisika in 2026 ontvang het.

Koop 'n huis, kry 'n skool!
Die Stadsraad van Birmingham het per ongeluk met die verkoop van ‘n drieslaapkamer huis, wat grens aan ‘n laerskool se sportvelde, die skool by die transaksie ingesluit. Nou soek hulle die skool terug.

Koos van der Merwe by die Woordfees
Koos van der Merwe gesels oor sy nuwe album, My hande maak holtes, wat in November bekendgestel word. Dis ook die naam van sy vorige digbundel. Sy jongste digbundel is Die Armkant van Rykdom.

Nordiese Stap
Lohra de Waal en Heidi Eloff demonstreer vir Martelize Brink en Johan Rademan hoe Nordiese Stap werk, vertel van hulle medaljes by die wêreldkampioenskappe in Finland, en die naweek se Velddraf met Woorde by die Woordfees.

Prof. Marena Manley
Prof. Marena Manley vertel wat sy beoog met haar termyn as voorsitter van Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Laudo Liebenberg by die Woordfees
Laudo Liebenberg gesels met Martelize Brink en Johan Rademan oor musiek, films en saam met Frank Freeman, en produksies by die Woordfees.

360 Speseryroete: Heuningbostee
Brigitte du Preez laat Martelize Brink en Johan Rademan proe aan heuningbostee uit verskillende streke. Hierdie fynbostee is eers redelik onlangs kommersieel begin verbou.

Stellenbosch Universiteitsbiblioteek se skatte
Mimi Seyffert-Wirth wys vir Martelize Brink en Johan Rademan van die skatte wat in die Stellenbosch Universiteitsbiblioteek is, soos CJ Langenhoven se das wat hy kort geknip het.