

2 714 km en R100 000 later...
Hulle is almal ouer as sestig, maar oud-skoolhoof Hubert Titus, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard het op 28 Junie die pad gevat per fiets vanaf Rundu in Namibië tot in Worcester, hulle tuisdorp. Ons het in Julie met hulle gesels terwyl hulle nog hard besig was om die kron…

Jonk: Oefening vir 60 plussers
Arbeidsterapeut Lize Visser verduidelik hoe persone ouer as 60 fisieke oefening moet benader.

Papawerprobleme
Trader Joe’s se gewilde speserymengsel, Everything But The Bagel, word in Singapoer en Suid-Korea verbied omdat dit papawersaad bevat. In Seoel sê hulle dat die mengsel positief toets vir morfien en kodeïen, wat opioïede is wat in die papawerplant se sap voorkom.

Wilma se Amerikaanse landbou-avontuur
Wilma Willemse het 'n voorsmakie van die landbouwêreld gekry toe sy by 'n inlegfabriek gewerk het. En toe kies sy ‘n loopbaan in verpleegkunde. Die landboubedryf het egter hard geroep, en op die ou end het Wilma bedank toe sy die geleentheid gekry het om in Amerika op 'n plaas te gaan werk. Sy geni…

Dorpsgeheime: Upington se kameelstandbeeld
Dr. Henry Abbott vertel van Upington se standbeeld van ‘n kameel en ruiter, wat voor die polisiekantoor staan. Dit bring hulde aan die kameel se rol in die beredepolisie.

Woelige kind oorsaak van vlugkansellasie
‘n Kind wat geweier het om te sit en die veiligheidsgordel vas te gespe, het veroorsaak dat ‘n vlug in Kanada gekanselleer is.

Êrens oorsee: Mechelen, België
Steven Drotské vertel vir Martelize Brink van Mechelen in België. Hy bring die braai na hulle bierkultuur!

Dean en Kayle
Kortom is een van RSG se gewildste potgooi-besoekpunte, want ‘n groot verskeidenheid kortverhale word Dindagaande om 22:10 daarin voorgelees. Vannaand stel regisseur Johan Rademan ons voor aan Advokaat Piet van Wyk wat in sy bundel, TUSSEN TWEE VURE, sy verskeurdheid as ‘n jong bruin polisieman in…

Fiktiewe karakter stuit nuwe kabel
‘n Kragkabel van £430 miljoen het weens klagtes geskuif. Die beplanning was dat dit op ‘n strand deur die simboliese graf van die karakter Dobby uit Harry Potter sou loop.

Wat is fout met my kat/hond?
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor katte en honde.