S2E19: Amperbo se boere is al lank in die bedryf, en is sedert Covid nuwe wynmakers. Pieter en Michelle Smit het hulle eie handelsmerk begin nadat hulle vir jare druiwe aan wynplase verkoop het. Tydens die Decanter World Wine Awards van 2026 is Ignus Ferreira, die jong wynmaker van Stellenbosch Reserve, se Hangbrug Chenin Blanc 2025 bekroon met 97 punte as ook Best in Show - die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat dit ontvang. Joernalis Hanlie Retief vertel van Die Reine Wynheid-episode met Paul Siguqa wat haar uitstaan wynoomblik geïnspireer het.