



RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Amperbo en Stellenbosch Reserve
S2E19: Amperbo se boere is al lank in die bedryf, en is sedert Covid nuwe wynmakers. Pieter en Michelle Smit het hulle eie handelsmerk begin nadat hulle vir jare druiwe aan wynplase verkoop het. Tydens die Decanter World Wine Awards van 2026 is Ignus Ferreira, die jong wynmaker van Stellenbosch Res…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Vergenoegd Löw
S2E18: Die verhaal begin in 1696. Met die harde werk en passie van die span by Vergenoegd Löw onder leiding van besturende direkteur Corius Visser, wynmaker Vusi Da li Cuba en uitvoerende sjef Michelle Theron bou hulle op die honderde jare se sukses. Ons hoor meer van die geskiedenis van die plaas,…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Boplaas en gelukkige foute
S2E17: Boplaas het Suid-Afrikaanse wyn- en spiritualieëgeskiedenis gemaak as die eerste produsent wat kampioenstatus vir Kaapse port, brandewyn en whisky binne 'n 12-maande-tydperk verower het. Dit maak hulle drievoudige kroonwenners. Carel Nel, Kaapse Wynmeester en eienaar van Boplaas Familiewinge…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Muratiewyn en murasies
S2E16: Dr. Rijk Melck van Muratie-wynlandgoed vertel van sy familiegeskiedenis so ver terug as die Duitse soldaat, Martin Melck, wat in Junie 1746 in die destydse Simonsbaai aangeland het; Ansela van de Caap en Lourens Campher se liefdesverhaal; en sy pa Ronnie en die spinnerakke wat tot vandag toe…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - 'n Fees van Amfora
S2E15: Suid-Afrika se eerste Amfora Wynfees vind einde Augustus plaas. Louis Strydom van Ernie Els Wyne, Hannes Nel van Lourensford en Tim Hoek van Haute Cabrière verduidelik hoekom hulle van hulle wyne in amfora verouder. Pedro Ribeiro van Portugal en Federico Manetti, wie se familie in Italië sed…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Miles Mossop Wyne
S2 E14: Tussen die branders en die wingerde het Miles Mossop sy talent as wynmaker ontwikkel. Sy wyne is 'n familie-affêre, met sy vrou se kuns en inspirasie van sy kinders. Miles vertel vir Martelize Brink hoe hy wyn gemaak het vir een van die top wynhandelsmerke in Suid-Afrika terwyl hy terselfde…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Meerlust - Die plesier van die see
S2E13: Hoe bereik 'n Suid-Afrikaanse wyn wêreldwye ikoonstatus? Dié ikoon is Meerlust Rubicon. Keldermeester en besturende direkteur, Wim Truter, verkope- en bemarkingsbestuurder Deidre Taylor, en die skrywer van MEERLUST: BEYOND THE RUBICON, Emile Joubert, praat oor die geskiedenis van Meerlust, e…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Die grootse Kleine Zalze
S2E12: 'n Wingerd wat soos 'n heilige ervaring vir die wynmakers is, verskeie ouwingerd blokke vir hulle bekende Chenin Blanc, en ongeveer 75 wyne wat uit hulle stal kom - Martelize Brink gesels met Kleine Zalze se vier wynmakers, RJ Botha, Nataleé Botha, Hanri Ferreira en Carla van Wyk. Sandra Pri…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Tygerberg
S2E11: Ons verken die Tygerberg-gebied saam met argeoloog dr. Marius Breytenbach en die Kaapse Wynmeester, dr. Winifred Bowman. Hulle bespreek die geskiedenis van boerdery in dié gebied, en die begin van die ryk wyngeskiedenis, insluitend die geskiedkundige Meerendal-wynplaas.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Kleinood
S2E10: Ons vat die pad na die hartjie van Stellenbosch, en besoek die idilliese plaas, Kleinood, waar Syrah seëvier in die middel van Cabernet Sauvignon-wêreld. Wynmaker en wingerdboukundige Lawrie Moore bied 'n intieme wynproe aan in die vatverouderingskelder. Sarel Seemonster, Karel Kraai en Loch…