

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Tygerberg
S2E11: Ons verken die Tygerberg-gebied saam met argeoloog dr. Marius Breytenbach en die Kaapse Wynmeester, dr. Winifred Bowman. Hulle bespreek die geskiedenis van boerdery in dié gebied, en die begin van die ryk wyngeskiedenis, insluitend die geskiedkundige Meerendal-wynplaas.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Kleinood
S2E10: Ons vat die pad na die hartjie van Stellenbosch, en besoek die idilliese plaas, Kleinood, waar Syrah seëvier in die middel van Cabernet Sauvignon-wêreld. Wynmaker en wingerdboukundige Lawrie Moore bied 'n intieme wynproe aan in die vatverouderingskelder. Sarel Seemonster, Karel Kraai en Loch…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Nuwe wortels
S2E9: Carmen Stevens wyne, Compagniesdrift, Zoetendal en Visio Vintners praat oor hulle sukses in weerwil van groot uitdagings. Hulle spreek ook hulle hoop uit vir die toekoms van wyn in Suid-Afrika. Mel die Storieverteller gesels oor haar gunstelingwyne.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Die Reine Veritas
S2E8: Ons gesels oor wynkompetisies, onder meer die Veritas en Jong wyn-toekennings, met Christo Pienaar, Bennie Howard, De Wet Viljoen en die persoon wat jare lank alles agter die skerms bymekaar hou, Elsabe Ferreira. Joernalis en skrywer Jan-Jan Joubert vertel van sy liefde vir Suid-Afrikaanse wy…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid Die Sultan van Sauvi
S2E7: Die Sultan van Sauvi, Bartho Eksteen, en sy seun, Pieter Willem, besoek Die Reine Wynheid. Bartho vertel van sy Duitse voorvader, wat in 1702 in Suid-Afrika aangeland het, hulle grootword jare op Franschhoek, sy pionierswerk in Walkerbaai, en Pieter Willem se wyn en liefde wat floreer op tuis…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid – Die Nuy-vallei
S2E6: Ons vat ons die pad na die pragtige Nuy-vallei buite Worcester, waar wingerde reeds in 1905 aangeplant is. Keldermeester Christo Basson, hoofwynmaker Paul Burger, bemarkingsbestuurder AC Goodger, kelderwerker Pokane Sello en produsent Stephan Hamman vertel van die geskiedenis, watter kultivar…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Charles Back en sy Fairview
S2E5: Legende Charles Back en wynmaker Charl du Plessis vertel van Fairview, Charles se familie geskiedenis, die Spice Route, hoekom kaas op die plaas, en sy positiwiteit in weerwil van 'n aanval agt jaar gelede. Kurt Darren vertel wat sy gunstelingwyn is.

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Rocksterre in die wingerd
S2E4: Onafhanklike wingerdboukundige Marko Roux van Hexbergkwekery en dr. Etienne Terblance, wingerdboukundige, bestuurder by VinPro en mede-eienaar van Thistle and Weed, verduidelik aan Martelize Brink wat in die wingerd gebeur, watter kultivars goed in Suid-Afrika aard, en hoe jy die geharde, min…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Doolhof
S2E3: Hulle is onder meer bekend vir hulle Malbec wat al met die wêreld se bestes in die top 10 aan tafel gesit het. Aan die voet van die Limietberg en Groenberg verwelkom ons die talent en roeping van wynmaker, Rüdger van Wyk, en die passie van Mercia Plaatjies wat gebore en getoeë is op die boeti…

RSG Bekbasaar: Die Reine Wynheid - Vind die fout én kwaliteit in jou glas
S2E2: Hoe smaak 'n gekurkte wyn? Wat is die algemeenste fout wat tegniese wynkonsultante in die bedryf sien? Hoe presenteer 'n kwaliteitwyn in die laboratorium? Kom vind die fout én die kwaliteit in wyn saam met Martelize Brink en haar gaste Loftie Ellis en dr. Carien Coetzee. Hulle proe ook sogen…