20 Mei 2026: Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, lewer sy stadsrede te midde van verskeie uitdagings in die Goudstad. Die drukgroep, March and March, betoog in Pinetown teen onwettige immigrante. Meer as 'n duisend verouderde kwalifikasies word amptelik van Suid-Afrika se Nasionale Kwalifikasieraamwerk geskrap.