

Brandpunt: Rekordbrandstofpryse volgende week verwag
1 Oktober 2026: Suid-Afrikaners kan volgende week met rekordbrandstofpryse te doen kry. Riversdale in die Suid-Kaap se nuwe sonkragaanleg sal die dorp se afhanklikheid van Eskom aansienlik verminder. Die 50-jarige moordveroordeelde Christa Spike oorleef 'n teregstelling in Tennessee.

Brandpunt: Ramaphosa erken daar is nie genoeg gedoen om geslagsgeweld en vrouemoord te pak nie
30 September 2026: President Cyril Ramaphosa erken dat daar nie genoeg gedoen is in die afgelope sewe jaar om die krisis van geslagsgeweld en vrouemoord te pak nie. 'n Reeks ernstige en noodlottige motorfietsongelukke in die Mosselbaai-omgewing in die Wes-Kaap het padveiligheid in die kollig geplaa…

Brandpunt: Kommissie vir Geslagsgelykheid sê DNS-agterstand wek kommer
29 September 2026: Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê die DNS-agterstand in sake van geslagsgebasseerde geweld is kommerwekkend. Sommige sekuriteitskenners sê die onlangse massaskietvoorvalle in dele van die land volg 'n duidelike en herhalende patroon. E-sport en aanlynspeletjies was 'n groot t…

Brandpunt: Twaalfde vrou se liggaam aan Oos-Rand gevind
28 September 2026: 'n Vyfdaagse nasionale ondersoek na geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord begin in Johannesburg. Intussen is 'n twaalfde vrou se liggaam vanoggend in Thembisa aan die Gautengse Oos-Rand gevind. Kommer oor 'n tekort aan noodsaaklike medisyne by staatsgesondheidsinstellings. Inwon…

Brandpunt: Natanyahu kritiseer mense wat uitstap voor sy toespraak by VN
25 September 2026: ESKOM se raadsvoorsitter, Mteto Nyati, sal vir nog drie jaar die leisels hou. Benyamin Natanyahu kap na diegene wat uitgestap het voordat hy met sy toespraak by die Verenigde Nasies sou begin. Die Springbok, Herschelle Jantjies, is terug in die voorste vyftien vir Sondag se wedst…

Brandpunt: ‘Minister weier om te luister na besware oor Graaff-Reinet se nuwe naam’
24 September 2026: Die Economic Development Forum sê minister Gayton McKenzie weier om besware oor die beplande naamsverandering van Graaff-Reinet te oorweeg. Die Nasionale SeereddingsInstituut waarsku standgangers teen die naweek se springgety. Dis vanjaar die negende keer wat Comic Con in Afrika …

Brandpunt: Proteas se snelbouler onttrek hom aan reeks teen Australië
23 September 2026: Vusimusi Cat Matlala se vrou en twee ander op borgtog vrygelaat. Die Proteas se snelbouler, Kwena Maphaka, onttrek hom aan die eendagreeks teen Australië. Die jaarlikse Erfenistoer vat die pad met 'n versameling van indrukwekkende gerestoureerde klassieke voertuie.

Brandpunt: Polisiegeneraal in hof oor beweerde seksuele misdrywe
22 September 2026: Die polisie se luitenant-generaal Shadrack Sibiya maak 'n hofverskyning vir beweerde seksuele misdrywe. Die geskorste generaal, Fannie Masemola, is gretig om terug in die tuig te wees. Die Proteas se Marco Jansen weet wat Donderdag van hom teen Australië verwag word.

Brandpunt: Jy kan van vandag af aansoek vir ‘n spesiale stem
21 September 2026: Geregistreerde kiesers kan van vandag af om spesiale stemme aansoek doen. Bekendstelling van GOOD Party en UDM se verkiesingsmanifeste vir Kaapstad. Sakeman Lawrence Mudzinganyama op 1 Oktober in die hof nadat video wys hoe hy vroue met die dood dreig.

Brandpunt: Sekuriteit by die Parlementsgebou onder vergrootglas
18 September 2026: Sekuriteit by die Parlementsgebou onder die vergrootglas nadat nóg 'n oortreder die terrein binnedring. Die Nasionale Departement van Gesondheid waarsku oor 'n toename in gevalle van A-pokke. Die Europese Filmfees in Afrika word by 'n swierige geleentheid in Pretoria bekendgestel.