
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.Social links:

Wie is ek: Wanneer werk te belangrik word; Eensaamheid in digitale era
16 Oktober 2026: Kan jou werk só belangrik vir jou identiteit word dat jy nie meer weet wie jy is sonder jou beroep nie? Hoekom voel ons soms dieper eensaam, juis omdat ons meer aanlyn en digitaal met mense verbind is as ooit tevore?
21:28
Wie is ek: Hoekom voel jy skuldig wanneer jy niks doen nie?
9 Oktober 2026: Kan jy jouself ná jare se aanpassing weer herontdek? Of het ons onsself eintlik nooit verloor of vergeet nie? Hoekom is dit so moeilik om soms net te rus? Hoekom voel jy skuldig wanneer jy niks doen nie?
21:41
Wie is ek: Toksiese verhoudings; Oorlewing as leefstyl
2 Oktober 2026: Wat gebeur met jou wanneer jy in ’n toksiese verhouding is, wat jou stadig breek? Hoe herstel jy ná so ’n verhouding? Wanneer raak oorlewing ’n leefstyl? Wanneer beskerm jy jouself, en wanneer hou jy jouself vas in oorlewingsmodus?
21:13
Wie is ek: Stres; Emosionele verantwoordelikheid
25 September 2026: Wanneer begin stres jou verander? En, hoekom voel jy soms uitgeput, selfs wanneer jy eintlik niks fisies gedoen het nie? Jy kan tog nie verantwoordelik wees vir hoe almal rondom jou voel nie… of kan jy? Waar eindig empatie, en waar begin emosionele verantwoordelikheid?
20:47
Wie is ek: Hoekom reageer ek soos ek reageer?
18 September 2026: “Ek het nog nooit emosionele werk aan myself gedoen nie. Waar begin ’n mens?” Dis ’n vraag wat dalk meer van ons raak as wat ons wil erken. En dan is daar finansiële stres – daardie konstante bekommernis oor geld wat nie net jou beursie raak nie, maar ook jou gemoed, verhoudings …
19:53
Wie is ek: Empatie in ’n gepolariseerde samelewing; Stres wat intimiteit vernietig
11 September 2026: Hoe behou jy empatie in ’n gepolariseerde samelewing? Hoe kry jy weer nabyheid wanneer stres tussen jou en jou maat kom lê?
21:16
Wie is ek: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los?
4 September 2026: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? En, waarom loop sommige mense ’n kamer binne en almal se aandag gaan sommer vanself na hulle?
21:06
Wie is ek: Hoekom lyk dit of almal weet wat hulle doen, terwyl jy net probeer byhou?
28 Augustus 2026: Het jy ook soms die gevoel dat almal die handleiding vir die lewe gekry het, behalwe jy? Hoekom lyk dit asof ander mense presies weet wat hulle doen, terwyl jy soms net probeer byhou? En, almal baklei van tyd tot tyd, maar wanneer word dit ’n probleem? Is baklei noodwendig sleg vi…
21:19
Wie is ek: Huil jy in die stort? Hoekom stoot iemand met kanker my weg?
21 Augustus 2026: Waarom breek sommige mense skielik in trane uit wanneer hulle stort? Is dit net die warm water, of gebeur daar iets dieper in die brein? Hoe ondersteun jy iemand met kanker wat jou wegstoot om jóú te beskerm, terwyl jy net daar wil wees?
20:53
Wie is ek: Gesonde grense sonder skuldgevoelens; Hormonale veranderinge
14 Augustus 2026: Hoe stel jy grense sonder om mense te verloor? Hoe beïnvloed hormonale veranderinge jou emosionele stabiliteit?
21:33