

Wie is ek: Empatie in ’n gepolariseerde samelewing; Stres wat intimiteit vernietig
11 September 2026: Hoe behou jy empatie in ’n gepolariseerde samelewing? Hoe kry jy weer nabyheid wanneer stres tussen jou en jou maat kom lê?

Wie is ek: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los?
4 September 2026: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? En, waarom loop sommige mense ’n kamer binne en almal se aandag gaan sommer vanself na hulle?

Wie is ek: Hoekom lyk dit of almal weet wat hulle doen, terwyl jy net probeer byhou?
28 Augustus 2026: Het jy ook soms die gevoel dat almal die handleiding vir die lewe gekry het, behalwe jy? Hoekom lyk dit asof ander mense presies weet wat hulle doen, terwyl jy soms net probeer byhou? En, almal baklei van tyd tot tyd, maar wanneer word dit ’n probleem? Is baklei noodwendig sleg vi…

Wie is ek: Huil jy in die stort? Hoekom stoot iemand met kanker my weg?
21 Augustus 2026: Waarom breek sommige mense skielik in trane uit wanneer hulle stort? Is dit net die warm water, of gebeur daar iets dieper in die brein? Hoe ondersteun jy iemand met kanker wat jou wegstoot om jóú te beskerm, terwyl jy net daar wil wees?

Wie is ek: Gesonde grense sonder skuldgevoelens; Hormonale veranderinge
14 Augustus 2026: Hoe stel jy grense sonder om mense te verloor? Hoe beïnvloed hormonale veranderinge jou emosionele stabiliteit?

Wie is ek? Emosionele uitputting; Emosionele trauma
7 Augustus 2026: Voel dit asof jy emosioneel leeg is, al gaan die lewe net aan? Hoe bou 'n mens weer energie ná emosionele uitputting? En kan 'n mens regtig herstel van emosionele trauma?

Wie is ek? Die manier waarop jy grootgeword het, beïnvloed dikwels jou ouerskap
31 Julie 2026: Baie ouers word later presies die ouer wat hulle hulleself beloof het hulle nooit sou wees nie. Hoe weet jy wanneer dit tyd is om 'n verhouding te los, of eerder daaraan te werk?

Wie is ek? Hoekom groei ons identiteit so maklik aan ons werk en prestasies vas?
24 Julie 2026: Jou werk kan baie meer as net 'n salaris wees. Vir baie mense word dit deel van wie hulle is. En, hoekom voel sommige mense leeg, al het hulle alles waarvan hulle nog altyd gedroom het?

Wie is ek: Hoekom is dit moeilik om as volwassene vriende te maak?
17 Julie 2026: Hoekom was dit as kind so maklik om vriende te maak, maar as volwassene soveel moeiliker? En, wat gebeur met jou emosies wanneer geldsorge elke dag saam met jou opstaan? Ons ondersoek die sielkunde agter ons verhoudings, en finansiële stres.

Wie is ek? Onverwagse rou; Groot verandering
10 Julie 2026: Wat doen jy wanneer rou jou onverwags oorval, maar die lewe verwag jy moet net aangaan? En, hoe aanvaar jy groot verandering sonder om jouself langs die pad te verloor?