Boesman Loftus, die leierouderling by die Jagersfontein NG-gemeente, en James Ross wat voorheen die leierouderling was, vertel van hulle ervaring van die slikdamramp wat Jagersfontein in 2022 getref het. Dis die storie van ‘n gemeente wat sonder ‘n predikant moes opdaag vir ‘n gemeenskap, want die kerk is só deel van die gemeenskap, en is gewoonlik die eerste plek waar mense gaan soek vir hulp.