Hulle ontmoeting was in ’n hospitaal, maar die ware toets het gekom met die geboorte van hulle seun. Ná jare se wag word hulle droom ’n uitdaging toe 'n bloedklont deur die brein, hulle kind gestremd laat. In hierdie hartroerende episode vertel Pastoor Stephan en Renell Bosman hoe hulle vir 21 jaar ’n gestremde kind grootgemaak het te midde van ‘n huwelik en ‘n lewe in die kollig van 'n paartjie in die bediening. Ontdek die geloof wat hulle gedra het, en ’n radikale nuwe perspektief op Psalm 23. Dis ’n verhaal van onwankelbare liefde wat jou lewensuitkyk sal verander.