S2/E16: Charlie Bouguenon het sy hart op Anré, ‘n jong nooi van Upington, verloor. Hy het 22 uur per bus na haar tuisdorp gereis om by haar ouerhuis dit opsitkers aan te steek. Hy vertel hoe ‘n vorige langtermynverhouding, waartydens hy verloof was, hom genoop het om homself in die oë te kyk en die moeilike besluit te maak om daarvan weg te stap. Alles het daarna ten goede uitgewerk het, want vandag is hy en Anré reeds agt jaar gelukkig getroud met sterk, gemene beginsels waarop hulle huwelik se fondasie gebou is.