Hoekom faal verhoudings as daar nog liefde is? Solomon en Eloise praat met verhoudingsterapeut Louis Venter oor die rou realiteit van moderne huwelike. Hy onthul die nommer een rede waarom paartjies sy hulp soek, die ongemaklike waarheid agter sekslose verhoudings, en die fassinerende rede waarom egskeidings dikwels tussen mense gebeur wat mekaar nog innig liefhet. Dis ’n diep gesprek oor hoe paartjies oor die jare verander, waarom mense weier om die een aanpassing te maak wat hulle huwelik kan red, en wat die heel grootste oorsaak van verhoudingskipbreuk is.