Lindie Strydom het Johan net van agter gesien, blou hemp en chino’s, en vir haar vriende gesê: "Dáai is my man." Binne ses weke was hulle verloof, en ses maande later getroud. Vandag, 24 jaar later, is hulle steeds dolgelukkig met drie krulkop-kinders. Lindie en Johan vertel hoe hulle van dag een af oop kaarte gespeel het oor geld, hoe hulle die klein jakkalsies uitsorteer, en hoekom wedersydse respek hulle geheime wapen is. Dit is ’n inspirerende kykie na ’n blitsige begin met ’n ewige fondament.