Die Universiteit Stellenbosch het ’n nuwe laboratorium vir immersiewe tegnologie bekendgestel. Die laboratorium bring verskillende digitale dienste bymekaar in een ruimte, waar mense data op ’n visuele en interaktiewe manier kan ervaar. Blaine Jones praat met Wouter Klapwijk, die direkteur van biblioteekinligting-tegnologiedienste by die Universiteit.