
Tegnologie met Blaine
'n Weeklikse program waarin die wêreld van tegnologie en die jongste ontwikkelinge - plaaslik en internasionaal - onder die loep kom. Gaste sal inloer om die tendense en produkte te bespreek en luisteraars met wenke en vars nuus te verras.Social links:

Tegnologie met Blaine: Digitale bankbedrog
22 Oktober 2026: Tegnologie maak ons lewe makliker, maar dit skep ook nuwe geleenthede vir kubermisdadigers. Suid-Afrika het volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum in 2025 sowat R2,4 miljard weens digitale bankmisdaad verloor. Ons kyk na kuberveiligheid, digitale bankbedrog en prak…
23:11
Tegnologie met Blaine: Tegnologie ingespan in stryd teen geslagsgeweld
15 Oktober 2026: Tegnologie ontwikkel teen ’n ongelooflike tempo, maar hoe gebruik ons dit om werklike probleme in die samelewing aan te pak? Ons kyk na kuberveiligheid, digitale welstand en die rol wat tegnologie kan speel om Suid-Afrikaners veiliger te maak. Blaine Jones vind uit van die moontlik…
19:30
Tegnologie met Blaine: Is verbod op sosiale media vir jong kinders werklik die antwoord?
8 Oktober 2026: Hoe oud moet ’n kind wees voordat hulle op TikTok, Instagram of ander sosiale platforms behoort te wees? Is ’n ouderdomsperk of selfs ’n verbod op sosiale media vir jong kinders werklik die antwoord? Ons praat met die kuberwelstandkenner, dr. Marlena Kruger, oor kinders, sosiale med…
23:11
Tegnologie met Blaine: Digitale geletterdheid
1 Oktober 2026: Martin Potgieter van Integrity360 praat oor digitale geletterdheid, en hoekom dit vandag veel meer beteken as om net te weet hoe om ’n selfoon, rekenaar of toepassing te gebruik. Ons kyk na hoe ’n beter begrip van die digitale wêreld ons kan help om kuberbedreigings, swendelary en a…
22:53
Tegnologie met Blaine: Hoe skadelik is die blou lig van skerms? Wanneer is sosiale media verslawend?
24 September 2026: Ons spandeer al hoe meer tyd voor skerms. Wat doen al daardie blou lig aan ons? En wat van mense wat sê hulle ervaar simptome wanneer hulle aan elektromagnetiese velde blootgestel word? Kuberkenner dr. Marlena Kruger kyk ook na ’n ander moderne uitdaging - sosialemedia-verslawing…
20:51
Tegnologie met Blaine: Die tegnologie van terugvoerbeheer
17 September 2026: Hoe kry jy ’n hommeltuig om veilig deur ’n stad te vlieg, ’n robot om oor ongelyke terrein te beweeg, of ’n vliegtuig om sy vlug te herstel ná ’n onverwagte probleem? Die antwoord lê onder meer in iets wat ingenieurs terugvoerbeheer noem. Blaine Jones praat met prof Japie Engelbr…
22:55
Tegnologie met Blaine: Hoe maklik kan kubermisdadigers jou persoonlike inligting steel?
10 September 2026: Kubermisdadigers teiken nie net groot maatskappye nie, jy kan ook ’n slagoffer wees. Digitale kenner Pierre Jacobs verduidelik die taktiek wat boewe gebruik, en wat jy moet doen om te voorkom dat jy ‘n slagoffer word.
22:13
Tegnologie met Blaine: WhatsApp-veiligheidsrisiko vir vroue
3 September 2026: WhatsApp het 'n alledaagse deel van ons lewe geword, maar vir baie vroue kan 'n eenvoudige boodskap of WhatsApp-groep 'n ernstige veiligheidsrisiko word. Daar is toenemend gevalle waar vals werksaanbiedinge op WhatsApp gebruik word om vroue te lok, waarna hulle uitgebuit word. In …
20:56
Tegnologie met Blaine: Die gevare van aanlyn-uitbuiting vir jongmense
27 Augustus 2026: 'n 16 jarige van Malmesbury in die Wes-Kaap staar elf verskillende aanklagte in die gesig ná sy inhegtenisneming in verband met die beweerde bedrywighede van 'n wêreldwye aanlynnetwerk, wat kinders seksueel uitbuit. Volgens die redakteur van MyBroadband.com, Jan Vermeulen, begin k…
21:29
Tegnologie met Blaine: Verbod op sosiale media vir onder-16’s
20 Augustus 2026: Al hoe meer lande probeer om jongmense onder 16 van platforms soos TikTok, Instagram en YouTube weg te hou, met veiligheid en die beskerming van kinders as hoofrede. Hoe werk hierdie verbod in die praktyk, en wat beteken dit vir privaatheid, ouers en jongmense?
21:41