Suid-Afrika bevind hom midde in ‘n groeiende waterkrisis, wat nie net gemeenskappe raak nie, maar ook die land se ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur onder druk plaas. Tegnologie word toenemend gesien as ’n belangrike hulpmiddel om hierdie krisis aan te pak. Tshidi Mndzebele, bestuurshoof van AvenirHoldings, praat oor hoe innovasie en tegnologie ’n sleutelrol kan speel in die bestuur van die land se waterbronne.